Our prayer for the reader
Die HERE sal jou seën en jou behoed;
Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
(Num 6:24-26)
Onthou elke dag,
Jy moet vas staan met God se wapenrusting:
Jy moet die waarheid praat.
Dit is soos die belt om ’n soldaat se heupe.
Jy moet altyd doen wat reg is.
Dit is soos die harnas van ’n soldaat.
Jy moet die goeie boodskap ken en glo,
die boodskap dat God vir ons vrede gee.
Dit is soos ’n soldaat se skoene.
Jy moet aanhou om in Christus te glo.
Dit is soos wanneer ’n soldaat ’n skild neem om hom te beskerm,
dit keer die brandpyle waarmee die duiwel jou wil skiet.
God het jou gered en jy moet dit aanvaar.
Dit is soos die helm op ’n soldaat se kop.
God praat met jou. Ja, die Woord en die Heilige Gees sê vir jou wat God sê.
Dit is soos die swaard waarmee ’n soldaat veg.
Jy moet altyd luister na die Heilige Gees en dan moet jy bid,
jy moet vir God vra wat jy nodig het.
Ja, jy moet altyd gereed wees en aanhou bid vir al God se mense.
(Eff 6:13-17)

